Skip to main content
 
 
 
 
 

Welkom by Akkerland Speelskool

Akkerland is ‘n onafhanklike speelskool met sterk Christelike waardes.
Ons funksioneer onder die sambreel van Worcester-Noord Primêre Skool.

Ons hoofdoel is om kleuters in die ouderdomsgroep 2 tot 5 jaar in ‘n stimulerende, liefdevolle en veilige omgewing reg voor te berei vir Graad R.

Ons holistiese benadering fokus daarop om die kleuters in totaliteit te ontwikkel.

Ons het 5 gekwalifiseerde, toegewyde onderwyseresse met jare se ondervinding. Ons beskik oor moderne fasiliteite en ‘n ruim speelgrond.

Ons Klassies

Ons hoofdoel is om kleuters in die ouderdomsgroep 2 tot 5 jaar in ‘n stimulerende, liefdevolle en veilige omgewing reg voor te berei vir Graad R.

Lees meer

Graad RR

4 – 5 Jariges

Speelgroepie

3 – 4 Jariges

Speelgroepie

2 – 3 Jariges

Nasorg

Halfdag en voldag beskikbaar

Kleuters kan vanaf 07:10 by die skool afgelaai word.
Skooltye is vanaf 08:00 tot 11:30 (vir die 2/3 jariges en 3/4 jariges) en vanaf 08:00 tot 11:45 (vir die 4/5 jariges).
Ons het ‘n 3 of 5 skooldag opsie beskikbaar.

Akkerland Nasorg het twee opsies, naamlik halfdag tot 14:00 of voldag tot 17:30.

Die halfdagopsie is ideaal vir ouers wat ander skoolgaande kinders moet kom oplaai.
In hierdie veilige omgewing word u kleuter met sorg en liefde hanteer. Ons doel is om ‘n veilige tuiste te skep en so ‘n eenstopdiens aan u te lewer.

Vakansiesorg is ook beskikbaar.